spesiale uitgawe Nasionale Kinderbeskermingsweek

Transcrição

spesiale uitgawe Nasionale Kinderbeskermingsweek
spesiale uitgawe
Nasionale Kinderbeskermingsweek
27 Mei - 1 Junie 2014
Kinders lê die meeste mense na aan die hart en elke jaar kry ons die geleentheid
om ons harte hieroor aan die wêreld bloot te lê. Nasionale Kinderbeskermingsweek
(27 Mei - 1 Junie 2014) fokus daarop om mense bewus te maak van die weerloosheid
van kinders en ons verantwoordelikheid om kinders, as die toekoms van ons land, te
beskerm.
Wat is die aanduidings dat ‘n kind mishandel word?
Fisiese mishandeling:
• Dit kan die brand van ‘n kind met
sigaretstompies of ander voorwerpe insluit.
• Uitermatige, onbeheersde en ontoepaslike
fisiese straf van ‘n kind vir ‘n geringe
oortreding.
• Onverklaarbare blou kolle wat waarskynlik
deur vuishoue veroorsaak is.
1
GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE
Ernstige fisiese verwaarlosing:
• Word nie vir mediese behandeling geneem nie.
• Word nie teen die elemente van die natuur
beskerm nie, byvoorbeeld: die kind word buite
in die koue gelos, of het nie die regte kleredrag
vir die weersomstandighede nie.
• Word nie van voedsame kos voorsien nie, of
selfs van geen kos nie.
INHOUDSOPGAWE
Jy kan ‘n verskil maak!
• Let op na kinders in u omgewing wat moontlik
baie geïsoleerd leef.
• Let op na kinders wat voortdurend baie bang of
verskrik lyk.
• Let op na babas of jong kinders wat aanhoudend huil, wat emosieloos voorkom of skrik vir
fisiese aanraking.
• Wees op die uitkyk vir kinders wat voortdurend
ure lank alleen tuisgelaat word.
• Wees ingestel op kinders wat nie toepaslik aangetrek is nie, bv. dun somersklere in die winter of
‘n dik trui in die somer (om merke te verbloem).
• Wees betrokke by kinders se maats en let ook op
na ontoepaslike seksuele optrede of praatjies.
• Indien u vermoed dat ‘n kind moontlik aan mishandeling blootgestel word, stel u naaste welsynsorganisasie of die polisie in kennis daarvan.
Hulle beskik oor die mag om ʼn kind uit ʼn
gevaarlike situasie te verwyder.
2
Seksuele mishandeling of blootstelling:
• Blootstelling aan pornografie of die gebruik van
‘n kind vir die maak van pornografie.
• Blootstelling aan die seksuele aktiwiteite van
volwassenes.
• Seksuele misbruik van ‘n kind deur ‘n ouer of
familielid, of die toelaat van die seksuele misbruik van ‘n kind deur ‘n persoon.
• Emosionele mishandeling van kinders:
• Verbale mishandeling (die kind word sleggesê,
emosioneel afgekraak, selfbeeld word afgebreek)
• Voortdurende dreigemente dat die ouer die
kind gaan verlaat.
Blootstelling aan gesinsgeweld:
Selfs net die waarneming van gesinsgeweld
teenoor sy of haar ma of tussen albei ouers het ‘n
emosioneel vernietigende uitwerking op ‘n kind.
Wat kan jy doen?
Wat die beskerming van kinders betref, kan geen volwassene die standpunt inneem dat dit die Staat of
maatskaplike werkers se verantwoordelikheid is nie. Sake word dikwels eers by maatskaplike werkers
aangemeld nadat kinders alreeds emosioneel of fisies erg getraumatiseerd is. Die beskerming van
kinders is elke volwassene se verantwoordelikheid.
GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE
INHOUDSOPGAWE
Inhoudsopgawe
Nasionale Kinderbeskermingsweek________________________________________________________
If you do not stop it – who will? As jy dit nie stop nie – wie sal?______________________________
Hoe beskerm ek my eie kinders ? _________________________________________________________
Hoe kan ek ʼn saak van beweerde/vermoedelike kindermishandeling aanmeld?_______________
Wear your green ribbon!___________________________________________________________________
HOE KAN JY NG WELSYN ONDERSTEUN:__________________________________________________
3
GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE
INHOUDSOPGAWE
1
3
4
5
6
7
If you do not stop
it – who will?
As jy dit nie stop
nie – wie sal?
You are compelled to report any form of
maltreatment, molesting of children or trading
with children. So it is stipulated by the Children’s
Act and the Act on Sexual Offences and Related
Matters. Hence it is an offence not to report it.
Jy is verplig om enige vorm van mishandeling,
molestering van kinders of handel dryf met kinders
aan te meld. So stipuleer die Kinderwet en die Wet
op Seksuele Oortredings. Dit is dus ʼn misdryf om dit
nié aan te meld nie.
The following malpractices are
highlighted in the legislation:
Die volgende wanpraktyke is
in die wetgewing uitgelig:
If the presumption or proof exists that maltreatment
of a child occurs or has occurred. When a child has
made the maltreatment known to someone, it must
be reported.
Indien die vermoede of bewyse bestaan dat
mishandeling van ʼn kind voorkom of voorgekom
het. Waar ʼn kind die mishandeling aan iemand
bekendgemaak het, moet dit aangemeld word.
Photos are posed | Foto’s is geposeer
The person who reports the maltreatment in good faith
and requests an investigation cannot be criminally
prosecuted. The reporter is not the ‘plaintiff’ – he
or she is merely requesting an investigation. This
investigation, done by professionals, can either confirm
or dismiss the maltreatment. The decision regarding
whether or not to prosecute will be taken by the
prosecutor.
The matter needs to be reported to the police,
at any welfare organisation, such as NG
Welfare, Child Line, Child Welfare, SAVF,
Ondersteuningsraad, the Department of Social
Development as well as the local court.
4
Waar kan ek dit aanmeld?
• Departement Maatskaplike
Ontwikkeling - 0800 60 10 11
• Childline – 08000 55 555 (24-uur tolvry)
• Die polisie (SAPD) – 10111/08600 10 111
(24-uur tolvry)
• ʼn Skoolonderwyser of skoolsuster of dominee.
• Jou naaste welynsorganisasie soos NG Welsyn
(www.ngwelsyn.co.za), Kindersorg of SAVF.
GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE
Die persoon wat die mishandeling te goeder
trou aanmeld en ʼn ondersoek versoek, kan nie
strafregtelik vervolg word nie. Die aanmelder is nie
die “klaer” nie, maar vra slegs ʼn ondersoek aan.
Hierdie ondersoek, gedoen deur professionele
persone, kan die mishandeling bevestig of uitsluit.
Die besluit op vervolging al dan nie sal deur die
staatsaanklaer geneem word.
Die saak moet aangemeld word by die polisie, by
enige welsynsorganisasie soos NG Welsyn, Child
Line, Kindersorg, Ondersteuningsraad, SAVF, die
Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of die
plaaslike hof.
INHOUDSOPGAWE
Jy moet ook in jou kind se basiese behoeftes
voorsien. Kinders kan misplaaste sekuriteit vind
in die aandag wat iemand anders aan hom of
haar gee. Dit maak jou kind weerloos en oop vir
misbruik deur ʼn ander persoon.
In many instances, violence
against children is underreported because young
children lack the capacity
to report violence and fear
reprisals from perpetrators.
Much violence is committed
within the family and by
people known to the family,
who may block children’s
access to justice.
Wanneer jou kind aan jou inligting deurgee wat jou
agterdogtig maak of skok – reageer kalm daarop.
Moet ook nie die kind beskuldig dat hy/sy leuens
vertel of stories verdraai nie. Kontak dadelik ʼn
maatskaplike werker om jou by te staan. Moet dit nie
onder die mat invee nie. Dit gaan nie weggaan nie.
Photos are posed
Foto’s is geposeer
Hoe beskerm ek my eie kinders?
Die vraag wat seker by elke ouer opkom
tydens bewusmakingsveldtogte soos
Kinderbeskermingsweek is hoe op dees aarde
beskerm ek my eie kinders?
Wees ook bedag op volwassenes se verhouding
met jou kind. Meeste kinders word gemolesteer
deur ʼn persoon na aan die gesin wat ʼn goeie
verhouding met die kind opgebou het.
Moet nooit dink dit sal nie met jou kind gebeur nie.
Daarom is die belangrikste seker om van kleins af ʼn
goeie en oop verhouding met jou kind te hê. Praat
met jou kind oor sy/haar lyfie en hoe kosbaar dit is.
Die kind moet te alle tye die vrymoedigheid hê
om enigiets met jou te deel. Daarvoor is ʼn hegte
verhouding tussen ouer en kind nodig. Jou kind
moet jou kan vertrou.
5
GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE
Dit is vir baie ouers moeilik om oor die seksuele
ontwikkeling van hulle kind en bewusmaking
teen seksuele molestering met hulle te gesels.
Gebruik gerus ʼn storieboek om die proses te
vergemaklik.
ʼn Goeie voorbeeld van so ʼn boek Klein Parmant,
geskryf deur Leon de Villiers en kleurryk geïllustreer
deur Samantha van Riet. Die boek is uitgegee deur
Lapa Uitgewers en is in Engels ook beskikbaar.
Klein Parmant is die verhaal van ʼn krokodilletjie
wat deur die bos stap en met verskeie ander diere
in aanraking kom. Wanneer hulle aan hom wil vat,
hom wil kielie, hom ʼn drukkie wil gee, ens. is sy
antwoord ewe kordaat:
“Dis my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!”
Kinders onthou dit en lees heerlik saam.
INHOUDSOPGAWE
Hoe kan ek ʼn saak van beweerde/vermoedelike
kindermishandeling aanmeld?
NG Welsyn kry dikwels sulke navrae. Mev Heleen
Scholtz, bestuurder by NG Welsyn Gesinsorg
verduidelik: “Om die gemeenskap te dien en die
belang van kinders en gesinne voorop te stel is
samewerking tussen die NG Welsyn gesinsorgkantoor
en die gemeenskap van kardinale belang.”
Kom ons kyk ʼn bietjie na wat dit
alles behels:
Watter sake móét aangemeld word?
Die Kinderwet en die Wet op Voorkoming van
Gesinsgeweld verplig lede van die gemeenskap om
insidente van mishandeling of verwaarlosing van
kinders aan te meld.
Waar kan ek dit aanmeld?
ʼn Lid van die gemeenskap kan ʼn geval, waar
mense hulp benodig, by ʼn maatskaplike werker of
die polisie aanmeld. Wanneer kinderverwaarlosing,
-mishandeling of -molestering vermoed word, kan
so ʼn saak by die Kinderhof van die landdroskantoor
binne die landdrosdistrik waar die kind woonagtig is,
ook aangemeld word.Binne kantoorure, van Maandag
tot Vrydag, kan ʼn saak by ʼn welsynsorganisasie soos
NG Welsyn, SAVF, Kindersorg, Ondersteuningsraad
of die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling
aangemeld word. Na-ure kan die polisie geskakel
en versoek word om toe te sien dat die Eenheid
6
vir Gesinsgeweld en Seksuele Misdade die
aangeleentheid ondersoek. Childline kan ook by
080 0005 555 geskakel word.
Moet ek my naam verstrek of kan ek anoniem bly?
ʼn Anonieme aanmelding kan gedoen word, maar bring
dikwels mee dat die ondersoekproses vertraag word.
Omdat alle feite in so ʼn geval nie benut kan word
nie, kan dit selfs daartoe lei dat die saak nie volledig
ondersoek kan word of dat die ondersoek nie volledig
afgehandel kan word nie.
Hoe werk die proses as ek iets aanmeld?
NG Welsyn vereis dat ʼn beëdigde verklaring met die
tersaaklike feite afgelê moet word tydens aanmelding
van ʼn beweerde misdryf teen ʼn kind. Die aanmelder
moet die naam en van, korrekte adres van die persoon
wat hulp benodig of wie se omstandighede ondersoek
moet word, en indien moontlik, ook ʼn telefoonnommer
verskaf. In ʼn dringende geval kan sake wel telefonies
aangemeld word. Dit moet egter so spoedig moontlik
opgevolg word deur ʼn persoonlike onderhoud met die
maatskaplike werker wat die saak ondersoek sodat die
maatskaplike werker relevante inligting kan bekom. Dit
kan ook opgevolg word deur ʼn skriftelike verklaring wat
by die maatskaplike werker ingedien word.
Hoe doen ek navraag oor vordering met ʼn saak
wat aangemeld is?
GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE
Maatskaplike werkers is verbind tot ʼn etiese kode
wat hulle verbied om enige inligting rakende ʼn saak
wat hanteer word, bekend te maak. Die maatskaplike
werker kan hoogstens bevestig dat die aanmelding
ondersoek word, of dat dit na ʼn ander instansie of
hulpbron verwys is. Geen verdere terugvoer kan aan
aanmelders verskaf word nie.
Wat as ek ontevrede is met die uitkoms na
aanmelding?
Indien die aanmelder van mening is dat daar geen
verbetering in die omstandighede van ʼn gesin/kind
is wat hy/sy aangemeld het, ingetree het nie, word
aanbeveel dat die saak weer skriftelik aangemeld moet
word. Veranderinge en/of resultate van dienslewering
is nie altyd onmiddellik sigbaar nie, maar alle
aanmeldings geniet aandag.
Wat is die aanmelder se voortgesette rol na
aanmelding?
Die aanmelder kan nie aandring op enige
betrokkenheid by besluitneming rakende die verdere
hantering van ʼn saak wat aangemeld is nie, behalwe
as die aanmelder deel het aan die aangeleentheid
is. Die maatskaplike werkers moet toegelaat word
om hul werk te doen. Sodra ʼn saak aangemeld is,
is die maatskaplike werker die “case manager” of
“designated social worker” soos deur die Kinderwet
bepaal. Die nodige verwysings na enige ander
professionele beraders en/of rolspelers sal deur die
maatskaplike werker gedoen word. Daar is dus talle
aspekte wat in ag geneem moet word as ʼn saak
aangemeld moet word. Vir enige verdere inligting,
stuur ʼn e-pos na [email protected].
INHOUDSOPGAWE
Wear your green ribbon!
shared role we each need to play in safeguarding
the children of our nation.
Reducing the high levels of violence against
children is among South Africa’s most overwhelming
tasks. Despite the country’s progressive child
protection laws, policies and programmes
preventing and addressing violence against
children, it remains a major challenge.
“It takes a village to raise a child”
- African Proverb -
National Child Protection Week (CPW) is
commemorated in South Africa annually to raise
awareness of the rights of children.
The green ribbon is a symbol of life and growth
Everyone is urged to wear a Green Ribbon
during Child Protection Week to show support for
promotion of the rights, care and protection of the
child.
The Green Ribbon was adopted by the National
Child Protection Committee in 2004:
The green refers to life and growth.
•
Since 1998 the South African government has
commemorated Child Protection Week every year
under the direction of the Department of Social
Development. This is done to create awareness
amongst South African communities about the
7
•
•
By wearing the Green Ribbon it shows that you
care and support Child Protection Week
The Green Ribbon lets victims and survivors know
that we are united in our efforts to support them.
It emphasizes the importance of partnerships to
tackle child abuse, neglect and exploitation.
GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE
¼
kinders
word
mishandel
Een uit elke vier kinders
in Suid-Afrika word in hul
kindertyd mishandel.
ewe veel
seuns as
meisies
> 10 word
gemolesteer
Net soveel seuns as
meisies onder die
ouderdom van 10
jaar word seksueel
gemolesteer.
80%
van oortreders
is bekend aan
slagoffer
80% van die oortreders
van seksuele
molestering is goed
bekend aan en word
vertrou deur die kind
(bv. ʼn lid van die gesin,
die bure, ’n onderwyser,
’n ouer, ’n versorger of
familievriende).
Seksuele molestering
gebeur gewoonlik in ʼn bekende omgewing waar
die oortreder volkome
beheer het (bv. sy
motor of ’n klaskamer).
INHOUDSOPGAWE
HOE KAN JY NG WELSYN ONDERSTEUN:
LIKE ons op Facebook blad en “bly op datum.”
www.facebook.com/ngwelsyn
www.ngwelsyn.co.za
Besoek ons webblad en kyk wat ons alles doen. Daar is ook ‘n lys van takke waarby jy betrokke kan raak.
NG WELSYN NOORDWES & GAUTENG
Hoofkantoor Potchefstroom:
Peter Mokabalaan 104
Tel: 018 297 3928
Faks: 018 293 1027
NPO reg: 002 059 NPO
PBO (Public Benefit Organisation)
Reg: 930 003 679
VAT reg: 4770121947
BANKBESONDERHEDE:
ABSA BANK
Tjek rekeningnommer: 01009700249
Takkode: 632005
SWIFT CODE: ABSAZAJJ
(Faks asb bewys van inbetaling na
018 293 1027 of stuur ‘n e-pos na
[email protected]. Voeg asb naam en
kontakbesonderhede by indien u ‘n Artikel 18A
sertifikaat benodig).
‘n Inbetaling kan ook met PAYFAST op
ons webblad gemaak word.
Die nuusbrief word kwartaalliks uitgegee deur NG Welsyn Noordwes & Gauteng se Hoofkantoor in Potchefstroom.
8
GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE
INHOUDSOPGAWE

Documentos relacionados